©2018 langpad.co.za - All rights reserved.

Langpad.co.za

Die website is geskep om te dien as:

1. ‘n Foto stoor vir ons reise, jag en wat ook al

2. Om ons buitelug fotos te deel met wie ook      al belangstel (ook party binne fotos)

3. Maklike en bereikbare foto plek vir familie en vriende


Deel hierdie blad indien u die ervaringe van my, vroulief, en die kinders geniet. Hierdie blad bevat net sekere van ons omswermings. Vra gerus vrae of gee terugvoering op die foto albums.


NOTA: Hierdie webwerf bevat foto albums van jagtogte onder die opskrif ‘Jagtogte’. Vermy die afdeling indien u jag afkeur.


O ja, die werf is nie bedoel om te spog met ons fotografiese vernuf nie, die fotos is almal mik en klik.

* Die albums sorteer van nuutste tot oudste.

Maak foto stoor oop

Ons was nog nie orals nie…

maar dit is op die lys!

Ons kan net nie by die huis bly nie - of sal ek sê: ek kan net nie stil sit nie, na ʼn week is ek baie kriewelrig en begin beplan op Garmin BaseCamp.


Ons verkies om alleen te reis en nie in groepe nie, toere deur toergroepe word geheel vermy. Selfs al ry ons die agterpaaie in Mosambiek, Caprivi, of Botswana dan verkies ons om alleen te ry.


Suider Afrika is goed deurkruis met nog so ʼn paar spesifieke plekke wat ons nog wil besoek. Die verre-ooste sal ons seker nie weer sien nie, die afstand is net te groot.


Ons verkies om in Suid Afrika, Namibië, Botswana, Mosambiek, ens. vakansie te hou met Marloth Park in die laeveld ons gunsteling.


Marloth Park is natuurlik ook tops soos die fotos hier onder wys.

Mail: jurieprinsloo@outlook.com?subject=Langpad ePos

Voel vry om ‘n epos te stuur

Ons