060 654 0999 admin@langpad.co.za

Ons is Jurie & Tiana

Kampers en Jagters

Ontdek die wêreld, een bestemming op 'n slag

Ons kan net nie by die huis bly nie – of sal ek sê: ek kan net nie stil sit nie, na ʼn week is ek baie kriewelrig en begin beplan op Garmin BaseCamp.

Ons verkies om alleen te reis en nie in groepe nie, toere deur toergroepe word geheel vermy. Selfs al ry ons die agterpaaie in Mosambiek, Caprivi, of Botswana dan verkies ons om alleen te ry.

Suider Afrika is goed deurkruis met nog so ʼn paar spesifieke plekke wat ons nog wil besoek. Die verre-ooste sal ons seker nie weer sien nie, die afstand is net te groot.

Ons verkies om in Suid Afrika, Namibië, Botswana, Mosambiek, ens. vakansie te hou met Marloth Park in die laeveld een van ons gunsteling.